top of page

A Blog for Father’s Day


From time to time I can’t sleep. I’ve developed this superpower of mine into a very effective tool to add to studying, reading, planning, and personal development.


From time to time, my headspace is too full to study, think, plan, and on the odd occasion I turn to the social media community groups on Facebook - helps me fall asleep within minutes! (Hiehie)


A comment caught my eye a while ago, from a ‘night writer’… seems we share the same superpower.


I sent him a message to ask him if he would write something for our Blog for Father’s Day.


This was completely random and without any expectation but with absolute trust in this stranger and his process.


His follow-through on my story request turned out to be so beautifully authentic, genuine and transparent, I tear up every time I read his story about ‘the voice of a father…



Die stem van ‘n pa.

Deur Johannes A Snyman ©

Veertig jaar getroud en die ou man haal steeds die televisie en dekodeerder se prop by die muur uit om die tv so bietjie te laat “rus.” Die bure en die tannies by die kerk dink dit het begin met beurtkrag. Want dis mos nou soms as die krag weer aangaan dan blaas elke toestel van die voorstoep tot daar in die agterwerf by Adam en Eva se boom. Die boom natuurlik omdat ek nie daardie sappige perskes kan weerstaan nie, en dan gee ek vir Jaap ook, en vir my kan hy nie nee sê nie. Minder oor ek hom verlei, meer oorlat hy sy voorland ken die dag as hy homself dwars hou vir sy liefdevolle vrou. My naam is Magda, nie Eva nie, en as ek praat dan luister jy. Niks ge ‘maar’ of ‘um’ of ‘wag-net-’n-bietjie’ nie. Dis ‘n rowwe wêreld hierdie en ‘n vrou moet haar man kan staan. 


Maar ja, soos ek gesê het, die dinge van elke plug uit trek in die aande het nie met beurtkrag begin nie. Ou Jaap doen dit al van kunsbeen af. Glo so groot geword. Of dit nou was dat die weerlig dalk kon slaan, of dalk dat die huis van ‘n elektriese fout sou kon afbrand, die weet ek wrintiewaar nie. Maar sy ouers het dit gedoen en ou Jaap is nou maar eenmaal so gebore en getoë. 


En nie net dit nie. Sal hy nou nie ook CD’s in die einste boom hang om kamstig die voëls weg te hou nie. Man, die voëls baljaar in daardie boom, en vreet al my lekker perskes op, maar hang sal hy daardie CD’s hang. En een maal ‘n maand dan haal hy die elektriese boor daar uit die motorhuis uit, en trek daai sneller en rev hom so bietjie. Ek het die ding een Kersfees vir hom gekoop. En tot vandag toe is die boor nog net een keer op sou ‘n ou dun verskoning van ‘n plankie’tjie gebruik. Nodeloos om te sê, ou Jaap is nie veel van ‘n tegniese man nie. Maar hy wil die boor ‘n leeftyd hou, en glo vas dat die ding gaan vergaan as hy hom nie so nou en dan bietjie op start nie. Die selfde prosedure volg dan met die Primus stofie, sy antieke mondfluitjie, so stok ou filmprojektor en nog vyf ander goete waarvan ek lankal vergeet het. Kens, is nie die woord nie. Ek reken hy het sy varkies ordentlik verloor, maar Herman, ons apteker sê vir my as ek weet wat elders in die mooi land van ons aan die gang is, sal ek my bek snoer, vir Jaap druk en soen en nie ‘n enkele woord verder uiter nie. 


Maar ek is ek, en ek sê my sê. En laat ek jou nou vertel. Al hierdie simpel gewoontetjies van hom, kom nie naby die een ding wat my hart vir my geruk het tot daar net duskant die hiernamaals. 


Snaaks hoe oor die tye mens sekere dinge vergeet, maar toe ons vir Pietertjie, ons enigste seun kry, toe het Jaap elke aand voor ons gaan slaap, vir hom ‘n liedjie gesing. En as hy so by baba Pietertjie se kot gesit het, kon ek die trots en liefde in my  man se oë sien. Soms het hy kinderliedjies uit die jeugsangbundel gesing. Soms gesange of Psalms. Of soms sommer net ‘n ou gewone Afrikaanse liedjie, soos ‘As jy my kon volg’ van Koos du Plessis. Jaap het so lekker bariton stem, en mooi bly darem maar mooi. So sag en stadig soos wat hy sing bly hy stewig al op die noot. En so het die golwe van daardie sang gevloei deur hart en siel van beide vrou en kind. Stadig en rustig die melodie, mens kry so warm gevoel hier diep in jou hart. 


In die oomblik, waardeer mens dit nie altyd so nie. Ek het soms vir hom gesê dat  die liedjies outyds is en dat vandag se kinders na ander musiek luister. Maar dis wat Jaap geken het, en dis wat Jaap vir sy seun gesing het. Elke aand, sonder ophou. 


Die tyd het aan gestap en Pietertjie wat by die tyd Pieter geword het, het vroeg al besluit dat hy sy eie ding gaan doen. Wie wil nou skool klaar maak as jy ‘n belowende musiek loopbaan voor jou het. Al die gepraat en gesmeek en gedreig in die wêreld kon vir Pieter nie keer nie. Op sestien is hy saam met ‘n band hier weg Spanje toe, en ongelukkig het die drank en ander dinge die oorhand gekry. Dit was meer die ander dinge wat Pieter se lewe ordentlik verwoes het. 


Hy het geweet hy kon enige tyd huis toe kom. Maar daar was ‘n tipe van ‘n trots in ons seun. Hy sou nooit sy gesig in sy ouerhuis wys in die toestand waarin hy was nie. So hy sit homself toe deur ‘n rehab daar in die Oos-Kaap iewers. 


Ons het natuurlik niks geweet nie. Ons het net gebid. En aanhou bid. Maar ek kon in Jaap se oë sien, na sewe jaar het hy  begin om hoop te verloor. Daar was nog die idee van ‘n seun wat terug keer huis se kant toe. Maar dit was al wat dit was. Net ‘n idee. Die soort idee waaroor ons nie veel gepraat het nie.

As pa, het Jaap gefaal. En ek kon sien, al probeer hy dit wegsteek, hy loop met daardie mislukking op sy skouers rond. Elke dag en heeldag. 


Tot en met Jaap se vyf-en-vyftigste verjaarsdag. Jaap verjaar mos nou op Vadersdag, en vandat Pieter die pad gevat het, was nie een van Jaap se verjaarsdae regtig iets om oor huis toe te skryf nie. 


Nou of Pieter dit so beplan het of nie, dit kan ek nie met sekerheid sê nie. Op daardie vyf-en-vyftigste verjaarsdag van my man, toe stap daardie kind by ons voordeur in. Of laat ek eerder sê, wat oor was van hom. vyf-en-twintig jaar oud brand maer staan hy daar soos ‘n riet op sulke stok beentjies. Maar daar was lig in sy oë. En in pa se oë net trane. 


Hulle staan toe eers daar en staar vir mekaar vir ‘n ewigheid. En toe Jaap na sy seun toe stap en hom druk dat die sportsak sommer daar op die blokkiesvloer neer plof, toe ruk daardie pa soos hy huil. Man, nie huil nie. Ween! In my lewe het ek nog nooit so iets gesien nie. Nie eens in die flieks nie. Was dit nou ‘n prentjie om te aanskou. 


Pieter self se oë het nou nie so geblink nie, maar hy het aan sy pa geklou asof hy hom nooit weer sou los nie. 


Daardie aand toe kuier ons tot om en by tien-uur  toe Pieter  aan ons verduidelik watter tyd hy in die bed moet wees, as deel van sy program om skoon te bly. Dis toe dat Jaap vir my sê om die kitaar te bring. Ek sê hom toe hy moet homself nou nie staan en laf hou nie. Die kind is mos nou al groot. Watse gesingery is dit dan nou? 


Maar Jaap hou voet by stuk. Toe Pieter dink hy klim in die bed, toe wals Jaap daar in die spaarkamer in, trek ‘n stoel nader en sing iets wat klink soos Stef Bos se goed. ‘n Wiegelied dink ek. Die Hemel weet waar hy die goed oral uitkrap, maar net daar, waar ek in die bed lê en luister na die Hemelse klanke, kon ek dit nie meer keer nie. Bergstroom en rivier vloei toe daar oor die lakens en komberse. Ek skud toe net my kop, kan skaar sien maar dit vloei oor die wange!


Jare later toe ek weer my herhaling by die apteek gaan kry, toe vra Herman vir my wat dit was wat Pieter laat terug kom het. 


Ek het my skouers op getrek en gesê ek weet nie. 


Maar daardie vraag steek my toe dwars oor die krop. 


En as ek moet eerlik wees, dan dink ek dat dit dalk kan wees dat Pieter, onomwonde geken het, die stem van ‘n pa.

4 bình luận


Oorja
Oorja
21 hours ago

Decoding Kerala's Logistics Courses Fees: Your Essential Guide


Are you considering delving into the world of logistics courses in Kerala, but finding yourself perplexed by the maze of fees and expenses? Fret not, because we've got you covered! In this comprehensive guide, we'll break down everything you need to know about the fees associated with logistics courses in Kerala, helping you make informed decisions about your educational journey.

 

Understanding the Basics

 

Before diving into the specifics of fees, let's first understand what logistics courses entail. Logistics is a critical component of any business operation, encompassing the management of the flow of goods and services from the point of origin to the point of consumption. With Kerala's growing importance…

Thích

steve smith
steve smith
6 days ago

The GLC-LH-SMD is a Cisco transceiver module designed for Gigabit Ethernet over single-mode fiber, supporting distances up to 10 kilometers. It features dual LC connectors, is hot-swappable, and includes Digital Optical Monitoring (DOM) for real-time performance tracking, ensuring reliable long-distance data transmission.

Thích

Dit is 'n pragtige verhaal van liefde en vergifnis, Magda. Baie dankie dat jy dit gedeel het. Dit herinner ons eraan hoe kragtig musiek en die band tussen ouers en kinders kan wees. tunnel rush

Thích

Wonderlike verhaal!

Thích

Stay Up-To-Date with New Posts

Search By Tags

bottom of page