Ciëtte Küsel

Daar is n pers tapyt in my agtertuin

My hart is nog sag, my handjies klein

Ons speel trou-trou, ek gee my hart vir jou

Belowe jy sal dit styf vas hou!


Daar is 'n pers tapyt in die agtertuin

dis net ek en jy, Kaptein.

Ek dra my hart op my mou

Het jy gesien ek kyk na jou?


Daar is 'n pers tapyt in ons agtertuin

Skink tog vir ons 'n glasie wyn

My hart klop in my keel

Daar is 'n diamant aan my vinger en ons kan 'n soentjie deel


Daar is 'n pers tapyt in jou agtertuin

Dans en speel my klein pikkewyn

Elke Oktober herhinner vir my

My Hart het buite my lyf kom bly

Recent Posts

Stay Up-To-Date with New Posts

Search By Tags