Afro-Boer Belewenis

October 3, 2017

deur Yolandé de Klerk

 

Hier voel ek altyd tuis
dis 'n stadsjapie se plaashuis
Vars gebak is van vroeg gereed
en kom saam 'n glimlag so breed

Ek kan van soveel kies
aan kaloriëe is daar geen verlies

 

Die smaak van koffie in my mond
herhinner my aan reën op die plaasgrond

Die atmosfeer is gevul met geure
almal kom vertel hul dag se gebeure

 

Familie, vriende en werk was al hier
Dis altyd nog net 'n plesier
Ek glimlag na elke keer se inloer
want ek kon ontsnap na Afro-Boer.
 

Please reload

Recent Posts

September 23, 2019

September 23, 2019

August 9, 2019

August 8, 2019

August 1, 2019

May 12, 2019

May 9, 2019

Please reload

Stay Up-To-Date with New Posts

Search By Tags